Skip to content

POTGOOISNITTE

Veroudering en demensie

Veroudering en demensie

Kategorie: Intussen2026-09-21

Ons vergeet almal van tyd tot tyd ’n naam, waar ons ons sleutels gelos het, of hoekom ons nou eintlik in die kombuis staan. Wanneer is vergeetagtigheid bloot deel van ouer word, en wanneer moet ’n mens begin wonder of daar dalk iets meer aan die gang is? Demensie is nie ’n normale deel van veroudering nie, en Alzheimers is die algemeenste vorm daarvan. Dit raak egter nie net die persoon wat gediagnoseer word nie, dit raak ’n hele familie. Ons kyk na die verskil tussen normale veroudering en demensie, die tekens waarna ons moet oplet, en wat ons kan doen om die risiko te verlaag, saam met Welma Geldenhuys, ‘n senior maatskaplike werker by ADASA.