Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark.
Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is.
Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n misdaadstorie geword het.
Knopies / Toontjies en Olifantpoot / Boesman se kierie / Lewende Klippies / Bababoudjies en Beeskloutjies / halfmens wat na die noorde kyk/ sterretjies en venstertjies/ Name eie aan Medusa se Kop
Hulle is skaars.
Hulle is ons erfenis!
Hulle verdwyn…
Suid Afrika se berge, woestyne, woude en oseane se natuur-rykdom verarm. Ons land se eiesoortige vetplante word bedreig. Elke dag word n stukkie van die Knersvlakte, Karoo, Kalahari, en die Kus gesteel en onwettig oor die grens gesmokkel vir die wereldmark.
Op Donderdag, die 17de September om 8 uur die aand : Gesteel Uit Die Grond – Vetplante vir ‘n Wêreld Mark…
Jacqui January praat oor die handel, die stropery, en die mense wat ons vetplante beskerm.
Hier is foto’s van die vetplante wat gesteel word:








