Formule 1 tussen die Swartland se koringlande?
Die Swartland is dalk meer bekend vir sy koringlande as Formule 1, maar dit kan binnekort verander. ’n Private groep, Blue Mountain Racing, het planne bekendgemaak vir ’n FIA-graad 1-renbaan en motorsportaanleg in dié distrik. DIe plan is om teen 2031 ’n Formule 1 Grand Prix in die Swartland aan te bied. Ons praat met Bobby Hartslief, ’n sakeman wat deel is van die konsortium wat die R6,7 miljard projek aanpak.
