Privaatsektor tree in die stryd teen bek-en-klouseer
Bek-en-klouseer bly ’n kopseer vir veeboere, maar daar is nou ’n belangrike ontwikkeling met die entstof. Die staat gaan vir die eerste keer toelaat dat privaatmaatskappye die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom gebruik om dié plaaslik ontwikkelde entstof op veel groter skaal te vervaardig. Boere het die aankondiging verwelkom, hoewel daar kommer is oor die Landbounavorsingsraad se kapasiteit om genoeg van die entstof self te vervaardig. Ons praat hieroor met Willie Aucamp, die minister van landbou.
