Skrywers en boeke: Loftus Marais oor Karel Schoeman-biografie DAARDIE LEWE
23 September 2026: Loftus Marais gesels oor Karel Schoeman se biografie, DAARDIE LEWE. Vind meer uit oor die boeke wat vanjaar bekroon is met ATKV Woordveertjies. Johan Myburg bring hulde aan die skrywers Bonnie Greer en Annie Dillard, wat onlangs oorlede is, en vertel meer oor die langlys vir die VSA se National Book Awards-vertaalprys. Ons maak ‘n draai by die Tuin van Digters, en jy kan luister na ‘n toespraak wat Johan Myburg daar gehou het met die tema, Hoekom vertel ons stories? Johan gesels ook met Joan Hambidge, wie se 70e verjaarsdag tydens die geleentheid gevier is.
