Stuit Swendelary met Capitec – Deel 22
Bedrog kan enigeen tref, en dikwels is dit juis vertroue, vrees of dringendheid wat mense se oordeel vertroebel. Familie en vriende kan ’n belangrike rol speel om daardie rooi ligte raak te sien. Hoe herken ons die waarskuwingstekens, en hoe help ons mekaar om veiliger aanlyn en met ons geld om te gaan? Ons praat met twee van Capitec se kenners. Jean Rossouw is die bank se hoof van finansiële geletterdheid, en Nick Harris is die hoof van die afdeling wat op finansiële misdaad fokus.
