Bozell neem AfriForum se veiligheidsplan na Ramaphosa
Pogings om via die Amerikaanse regering druk op Suid-Afrika te plaas, is hierdie week na ’n nuwe vlak geneem. Môre word 3 000 wit kruise in Washington geplant ter nagedagtenis aan mense wat vermoor is in plaasaanvalle, en ’n dokumentêr daaroor sal ook in die Withuis vertoon word. Dit volg enkele dae ná die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell II, se besoek aan AfriForum se gemeenskap-veiligheidsentrum in Centurion. Ons praat met Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum.
