Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens ‘n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? ‘n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.
