Skip to content

Monitor

Potgooi

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede

Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede

Kategorie: Monitor2026-10-09

9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir ‘n brandstofprysverliging – ons praat met ‘n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.

Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak

Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak

Kategorie: Monitor2026-10-08

8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens ‘n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? ‘n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.

Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel

Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel

Kategorie: Monitor2026-10-07

7 Oktober 2026: ‘n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met ‘n kenner oor brandstofskelms se foefies.

Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting

Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting

Kategorie: Monitor2026-10-06

6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde ‘n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor ‘n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. ‘n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.

Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte

Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte

Kategorie: Monitor2026-10-05

5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.

Monitor: Herrie oor skildery van Krotoa

Monitor: Herrie oor skildery van Krotoa

Kategorie: Monitor2026-10-02

2 Oktober 2026: Die uittredende polisieombud van die Wes-Kaap, Oswald Reddy, sê die kaping van die polisiediens deur bendes bly ‘n reuse uitdaging. Die MRK reageer op die onlangse massaskietvoorvalle. ‘n Herrie is los oor ‘n skildery, wat die stammoeder Krotoa uitbeeld.