Skip to content

POTGOOISNITTE

Met raad en daad: Spesiale stemme

Met raad en daad: Spesiale stemme

Kategorie: Spesiale uitsending2026-10-11

Oor minder as ’n maand vind die plaaslike regeringsverkiesing in Suid-Afrika plaas. Dit is ’n geleentheid om vir dienslewering en algemene bestuur in jou omgewing te stem. Maar wat gebeur indien jy nie op 4 November die stemlokaal kan besoek nie? Dan kan jy aansoek doen vir ’n spesiale stem. Dit stel enige geregistreerde kieser, wat nie op die amptelike verkiesingsdag kan stem nie, in staat om steeds hulle stemreg veilig en vertroulik uit te oefen.