RSG Landbou: Vastetermynkontrakte vir tydelike werkers; Wes-Kaapse Byevereniging
13 Oktober 2026: Dis daardie tyd van die jaar wanneer vrugteprodusente oes, en groot hoeveelhede tydelike arbeid gebruik. ‘n Vastetermynkontrak tussen die werkgewer en werknemer is hier van toepassing, maar het jy geweet dié kontrak is net vir drie maande geldig? Arbeidspesialis, André Bloem, gesels met ons hieroor. Die Wes-Kaapse Byevereniging bied jaarliks werkswinkels aan wat aspekte soos byesiektes, peste in korwe en algemene instandhouding aanspreek. Pieter Loubser, ‘n byeboer van St. Helenabaai, vertel wat hulle die afgelope jaar vir die bedryf gedoen het om te verseker dat dié vereniging se lede ingelig bly. Heinrich Victor is opn sy pos met die jongste wolmarkverslag.
