Angelo Marman: Van vyf vissies tot ’n bekroonde boerdery
Angelo Marman se boerdery-avontuur het begin met vyf tilapias in sy agterplaas op Malmesbury in die Wes-Kaap. Vandag besit hy ’n organiese groenteboerdery wat miljoene rande se omset lewer en ook geleenthede vir ander skep. Sy innoverende benadering is pas beloon toe hy as die Wes-Kaap se top- nuwe toetreder tot kommersiële landbou aangewys is by Landbouskrywers SA se !Xhariep-streektoekennings.
