Afrikaners se onderlinge moerigheid: Van stry tot saamstaan
Afrikaners is skynbaar deesdae knaend moerig. Vir die regering, vir politieke partye, vir organisasies en sommer ook vir mekaar. Sodra iemand ’n mening lug oor wie hulle is en waarheen hulle op pad is, word ou politieke en ideologiese loopgrawe weer oopgegrawe. Nou sê die Afrikanerbond die uitdaging is om dié onderlinge verdeeldheid in iets positiefs om te skep en saam te werk sonder dat almal oor alles hoef saam te stem. Ons praat met Jan Bosman, hoofsekretaris van die organisasie.
