RSG Landbou: Sojabone en bloubessies
14 Oktober 2026: Inokulering by sojabone is krities vir stikstofbinding volgens Corné Lourens van Nutrico. Hy verduidelik ook hoe ‘n voorspelde droë seisoen die oorlewing van rhizobium-bakterieë beïnvloed. Het jy geweet daar is omtrent 3 000 hektaar bloubessies wat in Suid-Afrika geproduseer word? Die meeste hiervan word per hand gepluk. Ons het onlangs ‘n inligtingsdag by Fall Creek in die Paarl bygewoon, en daar met ‘n paar rolspelers gesels.
