Skip to content

POTGOOISNITTE

Kompas: Johan Maarman, die stigter van Dromdoks

Kompas: Johan Maarman, die stigter van Dromdoks

Kategorie: Kompas2026-10-14

14 Oktober 2026: Elke week sleep ons ons vullisdromme tot voor die huis in die straat. Ons dink nie twee keer daaraan nie. Wanneer laas het jy regtig in daai drom gekyk? Die stank, die wurms, die bakterieë wat daar broei? Vir die meeste van ons is dit ‘n probleem wat ons ignoreer, maar vir een jong man in Lambertsbaai was dit die begin van ‘n droom. Johan Maarman (20) is die stigter van Dromdoks – ‘n besigheid wat vullisdromme huis-tot-huis skoonmaak en saniteer.