Armoede, waardigheid en ‘n helpende hand (Deel 2)
Toinette Finlay Keel is die stigter van Wings of Gratitude op Lydenburgin Mpumalanga. Dis ‘n organisasie sonder winsbejag wat die gemeenskap bystaan met voedingsprogramme en praktiese hulp aan mense wat moet kies tussen kos, medisyne koop of huur betaal. Sy sien eerstehands die impak wat armoede op mense het. Ons praat met haar oor armoede, waardigheid, en die verskil wat ’n helpende hand kan maak.
