Sterskieter: Toerie van der Merwe (Deel 1)
Party mense ontdek hulle passie eers ná jare se ervaring, maar vir ander begin die reis sommer baie vroeg. Sjef Toerie van der Merwe was maar 17 jaar oud toe hy reeds as ’n sjef in die Weermag gewerk het. Dit was die begin van ’n loopbaan waarin kos, kreatiwiteit en entrepreneurskap ’n belangrike rol sou speel. Vandag is hy die man agter Njam Eatery in Linden, waar hy sy liefde vir kos en goeie geure uitleef. Hoe lyk die pad van ’n jong sjef in ’n militêre kombuis tot ’n gevestigde naam in die restaurantbedryf? Ons gesels met hom oor die beginjare, die lesse wat hy geleer het en die ervarings wat hom gevorm het.
