Haas se Gat: Jomarie Botha woeker met W
Welkom, weerwolf en Wladiwostok. Kom vind uit hoekom Jomarie Botha dink dat “W” soveel meer sê as ander letters. Tussen wonder en weet loop daar ’n lekker draai deur Haas se Gat! Kom kruip saam af in die Haas se Gat. Ons begin met Name, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge en volg die antwoorde waarheen hulle ons ook al lei. Van taal en geskiedenis tot vreemde feite, interessante mense, diere, plekke en Suid Afrikaanse stories. ’n Slim, speelse Afrikaanse triviavertoning vir alle generasies, waar die volgende ontdekking altyd om die draai is.