Skip to content

Haas se Gat

Potgooi

Haas se Gat

Haas se Gat is 'n speelse, slim en verrassende Afrikaanse vermaaklikheidsprogram, gebou rondom die bekende Name, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge. In elke episode speel die aanbieders en 'n spesiale gas die speletjie, maar die antwoorde is net die begin. Van mense en plekke tot taal, geskiedenis, wetenskap en vreemde feite - elke antwoord lei ons op 'n nuwe ontdekking. Jy weet waar die speletjie begin, maar nooit waarheen die Haas se Gat sal lei nie.

Haas se gat: Karli Heine se C van moontlikhede

Haas se gat: Karli Heine se C van moontlikhede

Kategorie: Haas se Gat2026-11-03

Karli Heine staan voor ’n C van moontlikhede. Dié letter lyk maklik – tot jy ’n dier of dorp moet noem! Kom soek saam na antwoorde in Haas se Gat. Ons begin met Name, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge en volg die antwoorde waarheen hulle ons ook al lei.

Haas se gat: Retief Scholtz krap kop met K

Haas se gat: Retief Scholtz krap kop met K

Kategorie: Haas se Gat2026-10-27

Kry Retief Scholtz die kloutjie by die oor, of kies sy gedagtes koers na ’n ander storie? Kom kuier saam met Kabous Meiring, Gerhard van Huyssteen en Liesl Gouws en kruip af in die haas se gat. Ons begin met Naam, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge en volg die antwoorde waarheen hulle ons ook al lei.

Haas se Gat: Jomarie Botha woeker met W

Haas se Gat: Jomarie Botha woeker met W

Kategorie: Haas se Gat2026-10-20

Welkom, weerwolf en Wladiwostok. Kom vind uit hoekom Jomarie Botha dink dat “W” soveel meer sê as ander letters. Tussen wonder en weet loop daar ’n lekker draai deur Haas se Gat! Kom kruip saam af in die Haas se Gat. Ons begin met Name, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge en volg die antwoorde waarheen hulle ons ook al lei. Van taal en geskiedenis tot vreemde feite, interessante mense, diere, plekke en Suid Afrikaanse stories. ’n Slim, speelse Afrikaanse triviavertoning vir alle generasies, waar die volgende ontdekking altyd om die draai is.

Haas se Gat: Herman Lensing hak die spel met A

Haas se Gat: Herman Lensing hak die spel met A

Kategorie: Haas se Gat2026-10-13

Springbokrugby, Toetsrugby, Penny Heyns, en Anita! Herman Lensing, Kabous Meiring, Gerhard van Huyssteen en Liesl Gouws skrum hard om die haas uit die gate te hou. Kom kruip saam af in die Haas se Gat. Ons begin met Name, Vanne, Diere, Dorpe en Dinge en volg die antwoorde waarheen hulle ons ook al lei. Van taal en geskiedenis tot vreemde feite, interessante mense, diere, plekke en Suid Afrikaanse stories. ’n Slim, speelse Afrikaanse triviavertoning vir alle generasies, waar die volgende ontdekking altyd om die draai is.

Haas se Gat: Martelize Brink se V

Haas se Gat: Martelize Brink se V

Kategorie: Haas se Gat2026-10-06

Martelize Brink vat V vir ’n vinnige verkenning van haar geheue. Van vanne tot veraf dorpe – waarheen voer dié letter haar in Haas se Gat?