Skip to content

POTGOOISNITTE

M-Net word 40: Van Egoli tot Netflix, Brümilda van Rensburg onthou

M-Net word 40: Van Egoli tot Netflix, Brümilda van Rensburg onthou

Kategorie: Op en Wakker2026-10-26

As jy die name Shaleen Surtie-Richards of Doreen Morris ken, is dit stellig omdat M-Net hulle volksbesit help maak het. Suid-Afrika se heel eerste betaalkanaal vier vandag sy 40e verjaardag, en as jy oud genoeg is, sal jy nog oopkyktyd, Egoli en die Sondagaandfliek onthou. 40 Jaar later lyk die TV-wêreld anders, kykers se behoeftes het verander en stromingsdienste bied strawwe mededinging. Ons praat met die aktrise Brümilda van Rensburg, wat met Egoli die TV-geskiedenis help skryf het.