Bloemfonteinse apteker takel antibiotika-weerstandigheid
’n Bloemfonteinse apteker het een van die hoogste eerbewyse in haar beroep ontvang vir haar werk om antibiotika-weerstandigheid te bekamp. Dit is wanneer bakterieë weerstand teen antibiotika ontwikkel sodat selfs gewone infeksies moeilik behandelbaar raak. Dr. Martlie Mocke-Richter het boonop nie net een nie, maar twee nasionale toekennings ontvang. Sy is by die nasionale aptekerskonferensie in Durban bekroon voor meer as 2 000 aptekers.
