Geen skoolplek vir 2027? Dié planne kan jou kind op koers hou
Duisende ouers ouers wag tans om te hoor waar hulle kinders aanstaande jaar skool toe sal gaan. Wat as daardie aanbod nie kom nie, of as die skool wat aangebied word, eenvoudig nie haalbaar is nie? Ons kyk saam met Louise Schoonwinkel, die hoof kommersiële beampte by Optimi, na wat ouers in dié situasie kan doen, en hoe jy jou kind se onderrig op koers kan hou terwyl jy na ’n oplossing soek.
