RSG Landbou: Wildboerderye soek erkenning as ‘n landboukommoditeit
27 Oktober 2026: Wildboerdery is tans ‘n funksie van die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake. Volgens Gerhard Heyneke van Wildbedryf Suid-Afrika poog hulle al jare om erkenning te kry as ‘n landboukommoditeit. Ons het by WRSA se kongres met hom hieroor en oor ander belangrike sake gesels. RSG Landbou het ook Agri X se rooivleisberaad bygewoon. Volgens adv. Koos Nel is dit ‘n samewerkingsberaad wat behoeftes en geleenthede in die bedryf identifiseer en dan bepaal watter partye kan saamwerk om met oplossing vorendag te kom. Heinrich het die jongste wolmarkverslag.
