Kan KI help om bedrieërs vinniger voor die hof te bring?
Verlore dossiere, bewyse wat wegraak en bedrogondersoeke wat sloer. Dis ’n bekende storie in ons howe. Maar wat as tegnologie kon help om ondersoekers se werk makliker te maak en te keer dat belangrike inligting deur die krake glip? ’n Digitale hulpmiddel wat by die Noordwes-Universiteit ontwikkel is, kan kunsmatige intelligensie gebruik om bedrogondersoeke vinniger af te handel. Ons praat met die man agter dié stelsel, prof. Constant van Graan, ’n kenner in forensiese rekeningkunde.
