Fanie du Toit: Van stilte tot ’n stem van hoop
Ons RSG-kollega Fanie du Toit weet hoe dit voel om in ’n wêreld van stilte te leef. Ná 25 jaar van ernstige gehoorverlies kon hy danksy kogleêre inplantings weer hoor. Fanie het ook sy lewe daaraan gewy om seker te maak ander mense met gestremdhede se stemme word gehoor. Nou is sy jarelange werk op ’n besonderse manier erken. Fanie is tydens Solidariteit Helpende Hand se LIG-konsert met die Mathys Roets-toekenning van Hoop vereer.
