Stuit Swendelary met Capitec – Deel 22
‘n Goedkoop stroomdiens, afslag op vliegkaartjies of ’n gratis geskenk kan jou duur te staan kom. Bedrieërs gebruik toenemend vals advertensies en WhatsApp-boodskappe om kwaadwillige programme op jou selfoon te kry en toegang tot jou bankrekening te bekom. Ons praat met Nick Harris, Capitec se hoof van finansiële misdaad, en Jean Rossouw, hoof van maatskaplike investering en finansiële opvoeding by die bank.
