Geestesgesondheid: Die Camino van die lewe
3 November 2026: Dr. Nico de Klerk het sy doktorsgraad gewy aan die impak van die Spaanse Camino op diegene wat die pelgrimstog aanpak. Hy gesels met Lizelle de Bruin oor sy eie Camino-ervaring, die waarde daarvan om eenvoudiger en met minder bagasie te leef, en hoe dié gestroopte manier van leef kan bydra tot emosionele, fisiese en geestelike rus.
