Skip to content

Geestesgesondheid

Potgooi

Geestesgesondheid

Kundiges praat oor 'n verskeidenheid geestesgesondheidskwessies.

Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke

Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke

Kategorie: Geestesgesondheid2026-08-25

25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens iets van só ’n ervaring na jou gewone lewe kan terugneem.

Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid?

Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid?

Kategorie: Geestesgesondheid2026-08-18

18 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr. Wicus van der Merwe, die hoof van kerklike opleiding aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria, oor geestesgesondheid en die kerk. Hulle bespreek waarom geestesgesondheid ook ’n saak vir die kerk behoort te wees, hoe geloof en professionele hulp mekaar kan aanvul, en waar die grens tussen pastorale ondersteuning en professionele behandeling lê.

Geestesgesondheid: Wanneer angs jou lewe en werk begin beïnvloed

Geestesgesondheid: Wanneer angs jou lewe en werk begin beïnvloed

Kategorie: Geestesgesondheid2026-08-11

11 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor wanneer angs ’n mens se lewe en werk begin beïnvloed. Hulle bespreek wanneer professionele hulp nodig is, hoe angs behandel en prakties hanteer kan word, en hoe ’n mens met ’n werkgewer oor moontlike ondersteuning kan praat.

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 2)

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 2)

Kategorie: Geestesgesondheid2026-08-04

4 Augustus 2026: Johan van Lill praat verder met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die verhoudings wat gesinne kan help om moeilike tye saam te hanteer. Hulle praat oor sosiale media, aanlynafknouery en die vyf kernbehoeftes van kinders: aandag, liefde, aanvaarding, waardering en ruimte om hulleself te wees. Christelle verduidelik hoe narratiewe terapie gesinne kan help om ’n kind van sy of haar probleem te onderskei, en vertel meer van haar Building Bridges-kaartspel, wat betekenisvolle gesprekke binne gesinne wil aanmoedig.

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 1)

Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 1)

Kategorie: Geestesgesondheid2026-07-28

28 Julie 2026: Johan van Lill praat met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die belangrikheid van veilige verhoudings binne gesinne. Hulle praat oor sosiale media, afknouery, emosionele verbinding en waarom ouers reeds voor die tienerjare moeilike gesprekke moet begin.

Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel

Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel

Kategorie: Geestesgesondheid2026-07-21

21 Julie 2026: Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder, oor narratiewe terapie, ‘n benadering wat mense help om anders na hulle lewensverhale en hulleself te kyk. Kobus, wat hom tans in hierdie rigting bekwaam, verduidelik hoe die stories wat ons oor onsself glo, ons identiteit, verhoudings en welstand kan beïnvloed. Die gesprek fokus op identiteit, betekenis, hoop en die moontlikheid om nuwe perspektiewe op moeilike lewenservarings te ontdek.