Tegnologie met Blaine: KI en innovasie
5 November 2026: Kunsmatige intelligensie is besig om elke bedryf te verander. Dit help ons om vinniger te werk, probleme op te los en nuwe moontlikhede te ondersoek. Maar bring KI werklik nuwe idees en deurbraak-innovasie, of maak dit bloot bestaande tegnologie en stelsels beter en meer doeltreffend? Blaine Jones praat hieroor met Warren Alberts, bestuurshoof van VAS-X. Digitale kenner Pierre Jacobs gee praktiese raad oor hoe om veiliger aanlyn te wees.
