Skip to content

Tegnologie met Blaine

Potgooi

Tegnologie met Blaine

'n Weeklikse program waarin die wêreld van tegnologie en die jongste ontwikkelinge - plaaslik en internasionaal - onder die loep kom. Gaste sal inloer om die tendense en produkte te bespreek en luisteraars met wenke en vars nuus te verras.

Tegnologie met Blaine: Verbod op sosiale media vir onder-16’s

Tegnologie met Blaine: Verbod op sosiale media vir onder-16’s

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-08-20

20 Augustus 2026: Al hoe meer lande probeer om jongmense onder 16 van platforms soos TikTok, Instagram en YouTube weg te hou, met veiligheid en die beskerming van kinders as hoofrede. Hoe werk hierdie verbod in die praktyk, en wat beteken dit vir privaatheid, ouers en jongmense?

Tegnologie met Blaine: Kuberveiligheid

Tegnologie met Blaine: Kuberveiligheid

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-08-13

13 Augustus 2026: Ons fokus op kuberveiligheid, en hoe maklik jou persoonlike inligting, geld en identiteit in die verkeerde hande kan beland. Ons kyk na die risiko’s waarvan jy bewus moet wees, en wat jy kan doen om veiliger aanlyn te wees.

Tegnologie met Blaine: SAP waarsku teen nuwe verkeersboete-bedrogspul

Tegnologie met Blaine: SAP waarsku teen nuwe verkeersboete-bedrogspul

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-08-06

6 Augustus 2026: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku motoriste teen ‘n nuwe bedrogspul, waar vals verkeersboetes per SMS, e-pos en WhatsApp versprei word. Kubermisdadigers probeer mense onder druk plaas om op skakels te klik, geld oor te betaal, of selfs persoonlike en bankbesonderhede bloot te stel. Ons kyk hoe dié bedrogspul werk, en wat jy moet doen om jouself te beskerm.

Tegnologie met Blaine: Kan Wi-Fi en selfone werklik jou gesondheid beïnvloed?

Tegnologie met Blaine: Kan Wi-Fi en selfone werklik jou gesondheid beïnvloed?

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-07-30

30 Julie 2026: Ons praat oor elektro-hipersensitiwiteit en sosialemediaverslawing met dr. Marlena Kruger. Pierre Jacobs verduidelik of kunsmatige intelligensie in die toekoms werklik onafhanklik sal kan funksioneer, en wat dit vir ons almal kan beteken.

Tegnologie met Blaine: Die impak van aanlyn-dobbelary

Tegnologie met Blaine: Die impak van aanlyn-dobbelary

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-07-23

23 Julie 2026: Aanlyn-dobbel is makliker en meer toeganklik as ooit tevore, maar teen watter prys? Met net ’n selfoon en ’n internetverbinding kan mense binne sekondes geld verwed. Ons kyk na die groeiende aanlyndobbelbedryf, die risiko’s daaraan verbonde, en die impak wat dit op mense en gesinne kan hê.

Tegnologie met Blaine: Kuberkrakers teiken sportorganisasies

Tegnologie met Blaine: Kuberkrakers teiken sportorganisasies

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-07-16

16 Julie 2026: Daar is byna daagliks waarskuwings oor ‘n toename in kubermisdade en -bedrog. In die jongste waarksuwing sê kenners dat sportklubs al hoe meer staatmaak op digitale platforms om inskrywings te ontvang, betalings te maak en mediese inligting na te gaan. Dit is juis daarom dat dié organisasies kubermisdadigers lok.