Skip to content

POTGOOISNITTE

RSG Landbou: Langgewens-navorsingsplaas vier 100 jaar

RSG Landbou: Langgewens-navorsingsplaas vier 100 jaar

Kategorie: RSG Landbou2026-11-06

6 November 2026: Annalene Swanepoel is die wetenskaplike bestuurder van die plantdirektoraat by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap. Liezl Mackenzie is ‘n geografiese inligtingstelsel-tegnikus by dieselfde departement. Die navorsingsplaas, Langgewens, het vanjaar sy honderdste bestaansjaar gedenk. Die twee dames dink liefderyk terug aan hulle grootwordjare op die plaas, asook die grensverskuiwende navorsing waarvan hulle deel was op dieselfde plaas.