Aannemings in SA daal: Wat staan in kinders se pad?
Elke kind verdien die liefde, veiligheid en geborgenheid van ’n gesin. In Suid-Afrika neem die aantal aannemings egter af, en vir baie voornemende aanneemouers is die pad na ouerskap allesbehalwe eenvoudig. Ingewikkelde wetgewing, lang prosesse en ’n kinderbeskermingstelsel onder druk, laat belangrike vrae ontstaan oor die toekoms van aanneming in die land. Op Wêreld-aannemingdag praat ons met Tanja Swart, ’n maatskaplike werker verbonde aan Procare in die Wes-Kaap.
