Regter berispe oor vrae oor wit advokate
Moet ’n advokaat in die hof verduidelik waarom hy wit is? Dit is presies wat ’n Gautengse regter in 2024 van vier advokate wou weet. Nou is regter Mandlenkosi Motha in die moeilikheid oor sy uitlatings, en moet hy amptelik berispe word. Die Regterlike Dienskommissie het gister dié besluit geneem ná ’n klagte deur Solidariteit se Regsnetwerk. Die organisasie beskou dit as ’n oorwinning vir die regsberoep. Ons praat met Emil Glas van Solidariteit se Regsnetwerk oor die beslissing en wat dit vir regters en advokate beteken.