Drank en droë krane: Helen Zille kry die skuld vir alles
Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Volgens verskeie sosiale media-boodskappe wat soos ’n veldbrand versprei het, wil Helen Zille glo alkohol vir almal jonger as 25 verbied, én inwoners van Johannesburg se water en elektrisiteit afsny. Albei bewerings is uit die duim gesuig. Ons praat met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur, oor die jongste vlaag verkiesingsfopnuus.