Spektrum: ActionSA/ANC-koalisies in Gauteng?
17 November 2026: Koalisieonderhandelings is steeds aan die gang, maar bewerings doen die rondte dat ActionSA saam met die ANC en kleiner partye koalisies in Gauteng se metro’s gaan vorm. Kiesers in Douglas in die Noord-Kaap kry ‘n tweede kans by die stembus. Duisende voormalige munisipale raadslede kry tot drie maande se salaris as uitbetaling ná die plaaslike regeringsverkiesing.