RSG Landbou: Ekonomiese groei in die Wes-Kaap
20 November 2026: Statistiek Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers het in die derde kwartaal van 2026 tot 33,7% gestyg, teenoor 33,6% in die vorige kwartaal. Die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname wys dat 8,6 miljoen mense nou werkloos is. Volgens dr. Ivan Meyer, die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, is die provinsie die enigste in die land wat ekonomiese groei getoon het. Minister Meyer verduidelik waaraan die groei toe te skryf is, en die rol van landbou daarin.