Van 51ste tot vyfde: Drakenstein-munisipaliteit se suksesverhaal
Terwyl munisipaliteite landwyd met dienslewering en geldprobleme sukkel, wys Drakenstein in die Wes-Kaap dat ’n ommekeer wel moontlik is. Die munisipaliteit, wat die Paarl en Wellington insluit, het van 51ste tot die vyfde plek landwyd geklim op ’n indeks vir finansiële volhoubaarheid. Drakenstein is ook pas as Suid-Afrika se mees verbeterde munisipaliteit aangewys. Om ons meer te vertel, praat ons met Bradley Brown, hoof finansiële beampte by Drakenstein-munisipaliteit.