Skip to content

POTGOOISNITTE

Vrystaatse matrikulant bou sy eie robotarm

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-24

Terwyl die meeste matrikulante nog oor hulle toekomsplanne kopkrap, bou ’n 18-jarige Vrystater sommer sy eie robotarm. En nie sommer enige robotarm nie. Jy trek ’n spesiale handskoen aan, beweeg jou hand, en die robotarm boots jou bewegings na. Die onderdele het hy boonop self ontwerp en met ’n 3D-drukker gemaak. Sy uitvinding, ArmBrain, trek reeds internasionaal aandag. Ons gesels met Denis Long van Fouriesburg in die Vrystaat. Hy is in gr. 12 by die Hoërskool Witteberg in Bethlehem.