Skip to content

POTGOOISNITTE

Skoner energie wen veld ondanks COP31-fiasko

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-24

Die COP31-klimaatberaad het in Turkye op ’n groot teleurstelling uitgeloop. Ná twee weke se onderhandelinge kon 190 lande nie saamstem oor ’n plan om weg te beweeg van steenkool, olie en gas nie. Maar terwyl politici vasbrand, kry die oorskakeling na skoner energie reeds momentum. Beleggings in hernieubare energie neem toe en elektriese voertuie word al hoe gewilder. Ons praat hieroor met Francois Engelbrecht, professor in klimatologie en direkteur van die Instituut vir Globale Verandering by Wits.