RSG Landbou: Rosyntjiebedryf in Olifantsriviergebied ly onder donsskimmel
25 November 2026: Die rosyntjiebedryf in die Olifantsriviergebied staar ernstige finansiële uitdagings in die gesig nadat ’n grootskaalse donsskimmeluitbraak na raming reeds R116 miljoen se skade aan produksie aangerig het. Ons praat met ‘n produsent en direksielid van Raisins SA, Vlam Taljaard. Die sukses en die winsgewindheid van enige skaapboerdery word grootliks deur die persentasie bemarkbare lammers bepaal. Dr. Vlok Ferreira van Molatek verduidelik hoe om ovulasietempo by ooie tydens dekking te verhoog om sodoende die optimale lampersentasie te bereik.