Skrywers en boeke: KI en die boekbedryf; Kinderboeke vir die Kerskous
25 November 2026: Het kunsmatige intelligensie ‘n plek in die boekbedryf? Johan Steyn, ‘n KI-kenner, gesels met Ilse Salzwedel hieroor. Johan Myburg gesels oor die wenners van die Amerikaanse National Book Awards, die boeke wat benoem is vir die Dublin-letterkundeprys en Simbarashe Kundizeza, die Zimbabwiese skrywer en wenner van die 2026 Caine-kortverhaalprys, wat kwytgeskel is na bewerings dat hy KI in sy skryfwerk gebruik het. As jy vir die kind in jou lewe ‘n boek wil koop, het Ilse vir jou ‘n paar aanbevelings. Boeke wat bespreek word, is: AANDSTORIES VIR KLEINTJIES (hersien deur Elsa Silke); LIEWE HEKSIE EN DIE ROTBENDE (‘n voorheen ongepubliseerde verhaal deur Verna Vels); WOORDE WAT DANS (deur Athambile Masola); MY EERSTE WOORDE (deur Vian Oelofsen); OP SOEK NA DIE PERFEKTE DRUKKIE (deur Martha Mumford); ‘N LEEU EN ‘N LUGBALLON (deur Daniëlla van Heerden); LEA EN DIE GROOT KERSKONSERT en BEN EN DIE GROOT KERSKONSERT (beide deur Zuléka Smith) en BOLLIE-WOLLIE EN DIE NAG VOOR KERSFEES (deur Elize Parker).