Tegnologie met Blaine: SA se planne met KI
26 November 2026: Blaine Jones kyk na Suid-Afrika se planne om kunsmatige intelligensie verder te ontwikkel, en waarom universiteite en ander tersiêre instellings ’n belangrike rol in dié proses moet speel. President Cyril Ramaphosa het ná sy besoek aan Silicon Valley aangekondig dat die regering binne 90 dae ’n nasionale KI-aksieplan wil ontwikkel. Blaine gesels ook oor Swartvrydag, en hoe verbruikers tussen regte winskopies, impulsiewe aankope en aanlynswendelary kan onderskei.