Skip to content

POTGOOISNITTE

Tygerberg maak geskiedenis met baanbreker-hartprosedure

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-27

In wat as ’n mediese eerste vir Suid-Afrika beskryf word, het ’n span by die Tygerberg-hospitaal in die Wes-Kaap ’n seldsame aangebore hartafwyking herstel, sonder om die pasiënt se borskas oop te sny. Die span het ’n spesiaal ontwerpte stent deur ’n bloedvat in die pasiënt se lies na sy hart gevoer. Die pasiënt kon reeds die volgende dag huis toe gaan. Ons praat met die kardioloog wat die prosedure gelei het, prof. Hellmuth Weich.