Skip to content

POTGOOISNITTE

Binne en buite: Danie Krige

Kategorie: Binne en Buite 2026-11-29

Danie Krige is ‘n boer van Swartwater, op die grens met Botswana. Toe sy vrou Louise met akute leukemie gediagnoseer is, was haar eerste woorde: “God is goed.” Nege maande van behandeling en ‘n stamseloorplanting later het Louise gesterf – ‘n maand voor hulle tiende huweliksherdenking. Danie vertel hoe hy geleer het om pa én ma te wees, hoe hy en sy kinders elke oggend by die plaashek gebid het, en hoekom hy vandag steeds Louise se woorde kan beaam.