Skip to content

Binne en Buite

Potgooi

Binne en Buite

Binne en buite: Die werk van vrywillige noodwerkers

Binne en buite: Die werk van vrywillige noodwerkers

Kategorie: Binne en Buite2026-05-24

24 Mei 2026: Anthea Carlse is ‘n vrywillige noodwerker en paramedikus. Sy en haar span is opgeleide vrywilligers uit die gemeenskap wat brande bestry en by noodgevalle eerste op die toneel is, dikwels voor die ambulans of ander nooddienste opdaag. Hulle werk nie skofte nie, is basies altyd aan diens, en werk soms 48 uur aaneen. Anthea vertel vir DJ Muller wat dit aan ‘n mens doen om die soms grusame tonele te sien, hoe sy die trauma saamdra huis toe, en wat haar help om aan te gaan.

Binne en buite 17 Mei 2026

Binne en buite 17 Mei 2026

Kategorie: Binne en Buite2026-05-17

Dr. Pieter Spies, ’n urologiese chirurg, gesels oor die enorme druk en onvoorspelbaarheid van sy beroep. Hy hanteer hierdie stres deur kompartementalisering en die groen doek-metode, wat hom toelaat om op spesifieke take te fokus eerder as die verlammende groot prentjie. Slegte nuus word in klein dele oorgedra om pasiënte hoop te gee. Sentraal tot sy sukses is sy geloof – dit help hom besef hy is nie God nie, wat emosionele druk verlig en perspektief bied.

Binne en buite 10 Mei 2026

Binne en buite 10 Mei 2026

Kategorie: Binne en Buite2026-05-10

Dr. Siegfried Louw, ‘n predikant in sinodale diens van die NG Kerk Wes-Kaapland en gestaltpraktisyn, gesels na aanleiding van vorige episodes oor die druk van die lewe, en hoe ons dit kan en moet hanteer.

Binne en buite 3 Mei 2026

Binne en buite 3 Mei 2026

Kategorie: Binne en Buite2026-05-03

DJ Muller met Ds. Sherlize van der Merwe van Isibindi in Ysterplaat oor hulle bediening en die uitdagings van ‘n nie-winsgewende organisasie. Isibindi poog om plekke en ruimtes te skep waar jeugdiges van moeilike of benadeelde gemeenskappe hulle doel en passie kan ondersteun.

Binne en buite 26 April 2026

Binne en buite 26 April 2026

Kategorie: Binne en Buite2026-04-26

Piet en Sarize Retief is predikante, een op Garies en een op Aggenys. Dié twee dorpe is twee en ‘n half uur uitmekaar. Hulle vertel van die uitdagings en emosionele druk wat hulle werk op hulle huwelik het, en ook op die onderskeie gemeentes.

Binne en buite 19 April 2026

Binne en buite 19 April 2026

Kategorie: Binne en Buite2026-04-19

DJ Muller praat met Liza Matthee, skoolhoof van Simondium Primêr net buite die Paarl. Dis ’n landelike skool wat ’n groot gemeenskap van plaaswerkers en hulle kinders dien. Sy vertel hoe haar geloof haar dra en rigting gee te midde van die daaglikse uitdagings van onderwys, waar armoede en moeilike omstandighede deel is van baie leerders se werklikheid.