Binne en buite: Marnus Coetzee
Wat begin het as ’n poging om ’n trekker uit die modder te kry, het vir boer Marnus Coetzee in ’n lewensgevaarlike situasie geëindig. Die trekker het bo-op hom beland, en hy het die ongeluk nouliks oorleef. Hy vertel van dié traumatiese ervaring, en hoe sy geloof hom gehelp het om kalm te bly, selfs terwyl niemand geweet het waar hy is nie.
