Skip to content

Brandpunt

Potgooi

Brandpunt

Brandpunt: Beaufort-Wes sonder water

Brandpunt: Beaufort-Wes sonder water

Kategorie: Brandpunt2026-09-07

7 September 2026: Inwoners van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap sonder water ná vloedskade aan hooftoevoer-pyplyn. Matriekleeders wat swak dissipline toon, kan dalk van hulle matriekafskeid verban word. SANParke skop nasionale parkeweek af.

Brandpunt: MK-party kry houe in oor Phala Phala

Brandpunt: MK-party kry houe in oor Phala Phala

Kategorie: Brandpunt2026-09-04

4 September 2026: Die MK-party kry sy houe in oor die Phala Phala-skandaal. Die Valke se ondersoek na die tragedie aan boord van die SAS Manthathisi sloer al sedert 2023. Suid-Afrika is môre weer groen-en-goud wanneer die Springbokke in ‘n deurslaggewende stryd teen die All Blacks op die veld draf.

Brandpunt: Ad hoc-komitee sê daar is geen bewyse van misdaad in howe

Brandpunt: Ad hoc-komitee sê daar is geen bewyse van misdaad in howe

Kategorie: Brandpunt2026-09-03

3 September 2026: Die parlement se ad hoc-komitee sê daar’s geen bewyse van misdaad in die howe nie. Hommeltuie al hoe meer ingespan om misdaad in Kaapstad te bestry. Maar geen vliegtuie oormôre wanneer die Bokke die All Blacks pak nie…

Brandpunt: Springbok-skrumafrigter reageer op aantygings teen hom

Brandpunt: Springbok-skrumafrigter reageer op aantygings teen hom

Kategorie: Brandpunt2026-09-02

2 September 2026: Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat ‘n sterk El Niño-verskynsel oor die Stille Oseaan vorm. Die Instituut vir die Suider-Afrikaanse Begrafnis- en Grafsteenbedryf wil help in die stryd teen vandalisme. Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, reageer op aantygings teen hom.

Brandpunt: Die lente is hier, maar winter kry laaste stekie in

Brandpunt: Die lente is hier, maar winter kry laaste stekie in

Kategorie: Brandpunt2026-09-01

1 September 2026: Die jongste verslag oor slagoffers van misdaad wys ‘n kommerwekkende tendens wat huisbraak betref. ‘n Beroep op die regering vir meer hulpbronne en wetstoepassers in Limpopo om oorgrensmidaad te beveg. Skerp stygings in brandstofpryse. Die lente het aangebreek, maar die winter gooi nie tou op nie.

Brandpunt: Skerp styging in brandstofpryse

Brandpunt: Skerp styging in brandstofpryse

Kategorie: Brandpunt2026-08-31

31 Augustus 2026: Skerp styging in brandstofpryse in September. Die sakeman, Stefan Joel Govindraju, wat vasgetrek is in verband met die Tembisa-hospitaal bedrogskandaal, vrygelaat op borgtog. Nuwe deure van geleentheid swaai oop vir werksoekers in Oudtshoorn in die Klein Karoo. Die Springbokafrigter Rassie Erasmus, maak sy span vir die derde toets teen die All Blacks bekend.