Skip to content

Driesestig

Potgooi

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Averil, die vrolike petroljoggie van Pofadder

Averil, die vrolike petroljoggie van Pofadder

Kategorie: Driesestig2026-10-23

Haidee Muller-Isaacs het onlangs op Lambertsbaai stories gaan soek. Daar het sy Averil Klaaste van Pofadder ontmoet, wat ‘n werkswinkel vir aspirantskrywers bygewoon het. Sy is een van Pofadder se gewildste petroljoggies, maar eintlik is sy ‘n opgeleide ketelmaker.

360 Speseryroete: Fenegriek

360 Speseryroete: Fenegriek

Kategorie: Driesestig2026-10-23

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor fenegriek, wat soet ruik, maar bitter smaak.

Steekspel op fietse

Steekspel op fietse

Kategorie: Driesestig2026-10-23

‘n Maatskappy wat e-fietse verhuur het dit duidelik gemaak dat hulle fietse nie gemaak is vir steekspel (jousting) nie, nadat ‘n video wyd versprei is van mense wat op die e-fietse met lanse onder die arm op mekaar afjaag.

Marelise Faul se botaniese kuns

Marelise Faul se botaniese kuns

Kategorie: Driesestig2026-10-22

Dr. Donovan Kirkwood, kurator van die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuin, is op 26 Augustus 2025 in die Jonkershoekberge oorlede nadat hy tydens ‘n plantkundige ekspedisie geval het. Hy het met CapeNature en besoekers van Cambridge Universiteit plantmateriaal versamel van ‘n spesie waarvan daar na raming minder as 50 oorgebly het. Entomoloog Marelise Faul van die Grootbos Stigting het ook saam gestap, en met haar groeiende belangstelling in botaniese kuns die plant verewig. Johan Rademan gesels met haar.

Jonk: Wat eet jy eerste?

Jonk: Wat eet jy eerste?

Kategorie: Driesestig2026-10-22

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die volgorde waarin jy jou kos behoort te eet, en waarom.

Dag en nag hondjies kyk

Dag en nag hondjies kyk

Kategorie: Driesestig2026-10-22

In Finland kyk mense stadige TV. ‘n Treffer daar is Pentu Live waar jy 24 uur ‘n dag kan kyk na hondjies. Vanjaar kon jy kyk hoe Hilkka haar ses kleintjies kry, hoe hulle die eerste keer drink, en andersins hoe hulle tot 20 uur per dag slaap.