Dag en nag hondjies kyk
In Finland kyk mense stadige TV. ‘n Treffer daar is Pentu Live waar jy 24 uur ‘n dag kan kyk na hondjies. Vanjaar kon jy kyk hoe Hilkka haar ses kleintjies kry, hoe hulle die eerste keer drink, en andersins hoe hulle tot 20 uur per dag slaap.
