Skip to content

Intussen

Potgooi

Intussen

Delicia se klein wonderwerkie

26 Februarie 2026

Delicia Loggenberg het agt beroertes oorleef. Asof dit nie genoeg trauma was nie, het dokters haar in Oktober 2024 gevra om die masjiene af te skakel wat al drie dae lank haar 21 maande oue dogtertjie, Caylin, aan die lewe hou. Maar ‘n halfuur later gebeur ’n wonderwerk. Klein Caylin, wat met ’n skaars breinafwyking gebore is, begin weer asemhaal! Eloise Cupido gesels met Delicia oor hierdie ongelooflike oorlewingstorie vol geloof en hoop.

Sterskieter 26 Februarie 2026

26 Februarie 2026

Deel 2: Jolyn Phillips is ’n bekroonde digter, skrywer en kunstenaar, wie se werk taal, identiteit en storie op ’n kragtige manier saamvloei. Sy het al nasionale erkenning vir haar poësie en prosa ontvang, en haar stem word as een van die belangrikstes in kontemporêre Afrikaanse letterkunde beskou. In hierdie gesprek leer ons Jolyn nie net as kunstenaar ken nie, maar ook as mens. Sy gee tans klas by Brown Universiteit in die VSA.

Kultuur 25 Februarie 2026

25 Februarie 2026

Marno Boshoff is nie net ‘n gewone professionele persoon nie; hy is 'n denkleier met 'n missie om beter werkplekke te skep en mense se omgewings ten goede te verander. Hy noem homself ‘n kultuurevangelis. Hy kyk in hierdie reeks na wat kultuur is, hoe dit gevorm word, en hoekom dit soveel meer as net ’n modewoord is. Hy praat oor veilige sielkundige ruimtes.

Veronique Sampson se inspirerende storie

24 Februarie 2026

Veronique Sampson van Atlantis se storie is bewys dat jou beginpunt nie jou eindpunt bepaal nie. Sy is tans ’n internasionale student in die VSA, maar haar reis gaan oor soveel meer as net haar eie droom. Sy het die Veronique Sampson Organisasie gestig om ander jongmense se drome oop te maak, veral dié wat voel om oorsee te studeer is buite hulle bereik. Met die hulp van borgskappe en mense wat in haar visie glo, skep sy geleenthede waar daar eers net struikelblokke was.

Menopouse 24 Februarie 2026

24 Februarie 2026

Prof. Tobie de Villiers is 'n ginekoloog met ‘n spesiale belangstelling in menopousale medisyne, osteoporose en ginekologiese endokrinologie. Hy praat oor die uitwerking van menopouse op hartsiektes.

Lea Vivier se werk as intimiteitskoördineerder – Deel 1

23 Februarie 2026

Lea Vivier is ‘n aktrise met ervaring in films en televisiereekse. Sy is ook ’n professionele intimiteitskoördineerder. Sy speel ’n sleutelrol wanneer intieme oomblikke in films en reekse uitgebeeld word, en sorg dat hierdie tonele veilig, respekvol en met wedersydse vertroue hanteer word. Sy vertel hoe intieme tonele eerlik gedoen kan word, sonder om grense te oorskry voor én agter die kamera.